Forum vir Christelike dienswerkers
2006-02-23
'n GROEP geestelike diensleweraars, wat primêr dienste lewer aan plaaswerknemergesinne op plase in die Franschhoek, Wellington, Paarl en Klein Drakenstein omgewing, het besluit om kragte saam te snoer.
Hulle voel geestelike dienslewering behoort so ver moontlik gestruktureerd en gekoördineerd plaas te vind.
Beperkte beskikbaarheid van bronne aan die een kant en die groot behoefte aan die kant van die gemeenskap verg ’n hegter vorm van samewerking en koördinering as wat nou die geval is.
Teen hierdie agtergrond is daar ’n ondersoek gedoen en gevind dat daar groot behoefte aan ’n forum is.
Die klem val op die koördinering van, en nouer samewerking tussen geestelike diensleweraars in die uitvoering van bepaalde aktiwiteite.
Die Forum vir Christelike Dienswerkers is nie primêr daarop ingestel om aktiwiteite van sy eie te onderneem nie, maar versterkend en ondersteunend op te tree.
Die kerndoelwitte van die forum is groter gestruktureerdheid en koördinering van dienste, optimale benutting van hulpbronne, om navorsing en produkontwikkeling van gemeenskaplike waarde te onderneem, bemagtiging van diensleweraars en om ’n platvorm daar te stel vir gesprekvoering, onderlinge leer en netwerking.
Alle belangstellendes is welkom. Vir meer inligting oor die Forum, skakel Jolanda van der Lingen van Valcare, 872-2495 of 084-393-1192.
More
News
|