Smouswa loop
2006-02-23
Die smouswa van De Poort Erfenisdorp gaan Saterdag van 09:00 deur die Paarl ry om reklame te maak vir hierdie projek wat in Pinestraat, Suider-Paarl, beoog word.
Die wa sal wegtrek by Paarl Rugbyklub en onder meer ’n draai maak in Lady Greystraat, Hoofstraat, Optenhorststraat, Jan van Riebeeck, Markstraat, Ceciliastraat en deur die Paarl Mall, met Jonesstraat na De Poort erfenisterrein.
Daar sal 'n tent wees en lede van die publiek kan foto's laat neem, uitgedos in periodedrag.
More
News
|