Sirkus is hier!
2006-02-23
VANAAND en Saterdagaand kan Paarliete gaan sirkus kyk op die hoek van Hoof- en Turkstrate in Suider-Paarl.
Die McLaren sirkus het vandag twee vertonings, om 15:00 en weer om 19:30.
Môre is die vertonings ook om 15:00 en 19:30, met drie vertonings op Saterdag: om 12:00, 15:00 en 19:30.
Vanaand se vertoning is 'n spesiale een teen R20 elk, sonder sitplekbesprekings.
Kaartjies wissel van R20 tot R35 elk.
Navrae by 082-747-5726. Besoek ook www.mcircus.co.za.
More
News
|