Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duitse fees

Duitse fees
 
2006-02-23


AS jy oud genoeg is om Woodstock te onthou en jonk genoeg om ’n ware fees tot die vroeë oggendure te geniet, dan is die Duitse klub in Klein Parysweg, Paarl net die plek waar jy Saterdagaand moet wees.

Daar word ’n opelug ‘Bier Fest’ gehou en daar gaan ’n groot verskeidenheid musiek wees, onder meer ’n gewilde disko, musiek-DVD’s op groot skerms en orkes wat die voete sal laat jeuk.

Die dansvloer word op die grasperk ingerig met al die gaste wat daar rondom op hul eie komberse en opvoustoele kan ontspan.

Heelwat kosstalletjies sal vir die maag sorg en gaste kan hul verlustig in al die lekkernye, van Duitse bratwurst tot pannekoek, hamburgers, aartappelskyfie-spirale en nog baie meer.

Dan natuurlik, in die ware Duitse tradisie, sal vatbier en schnapps beskikbaar wees, maar almal kan die aand volgens hul eie smaak geniet.

Daar is sekuriteit vir die motors gereël en mense wat vroeg kom, kan ook binne die terrein van die Italiaanse klub langsaan parkeer.

Die aand begin om 19:30, maar mense kan al van 18:00 aankom.

Kaartjies teen R30 is beskikbaar van Isabel (083-458-3919 of 863-3641), Peter (083-251-2177), Johan (083-270-6139) die Duitse Klub of komiteelede.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za