Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Red die Ou Meulteater

Red die Ou Meulteater
 
2006-02-23


KUNSLIEFHEBBERS in die Paarl is reeds geruime tyd bekommerd oor die agteruitgang van die bekende Ou Meul-teater.

In September verlede jaar het Celeste Loriston van Loud Lemon Theatre Company, in samewerking met die Paarl Teaterklub, besluit om die teater se potensiaal te ontgin en fondse te genereer vir herstelwerk.

Hulle het besluit om te begin met kinderteater, voorgeskrewe werk vir graad 12 en volwasse teater.

Eerste op die program is kinderteater en Saterdag om 11:00 kan die jongspan gaan kyk na die gewilde storie van Rotsella, die nare heks wat die koekies van die oumense wil steel.

Kaartjies is R15 (volwassenes R20) en kan by die deur gekoop word. Afslag vir groepe van tien en meer

Die jaarprogram van die teater beloof heelwat nuwe, opwindende projekte, soos “Red die Ou Meulteater”.

“Dit is ’n projek wat geloods is om nodige herstel- en bouwerk aan die teater te doen,” vertel Celeste.

“Individue of besighede kan boumateriaal borg.”

Jan Hanekom, ’n stadsbeplanner, het pas ook sy dienste gratis aan hulle gebied.

“Ons soek ook na ’n boekhouer, elektrisiën, skoonmakers,’ boumateriaal en verf.

Enige navrae kan gerig word aan Celeste, 083-708-4917.

* Pieter Strümpher, voorsitter van die teaterklub, is pas deur die burgemeester vereer vir sy werk by die klub.

Die Paarl Teaterklub is amptelik in 1951 gestig met die uitsluitlike doel om toneelstukke op te voer en toneelspel te bevorder.

In 1971 is die Ou Meul teater amptelik geopen, maar die deure is in 1987 gesluit.

Die keerpunt was toe ’n nuwe Teaterklub in 1991 onder voorsitterskap van Strümpher gestig is. Sedertdien het hy en sy helpers met die harde werk begin om die teater van ondergang te red.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za