Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Karnaval deel van skool se eeufees

Karnaval deel van skool se eeufees
 
2006-02-23


DIE St Albans Primêre Skool op Wellington hou op Vrydag 10 en Saterdag 11 Maart hul jaarlikse karnaval met mallemeule op die skool se sportterrein.

Bekende sanggroepe tree op, en daar sal ook smulkos, ’n biertuin en allerlei stalletjies wees.

Die bekende Pop Idol Karin Kortjé tree die Vrydag op, asook die Kaapse jazz-groep N2.

Die toegang is R20 (R15 vir kinders) maar afslagkaartjies kan vooraf, tot Vrydag 19:00, by die skool gekoop word teen R15 vir volwassenes en R10 vir kinders.

Ritkaartjies is by die skool te koop teen R6 per rit.

Mense wat belang stel in ’n stalletjie, kan die skool skakel by 873-2441, tussen 08:00 en 14:00.

* As deel van die skool se eeufeesviereinge word Mnr en Mej St Albans vanaand gekroon.

Daar is ook ’n Passiespel op 11 en 12 April, ’n sportdag op 6 Mei, ’n pretdag op 16 Junie, ’n pa-en-seun braai met kaas en wyn op 5 Augustus en ’n ma-en-dogter teeparty op 19 Augustus.

’n Debutantedans volg op 1 September en ’n sportdinee op 23 November.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za