Boland juniors spog met goud
2005-04-07
DIE Boland Atletiekspan het ’n geskiedkundige agt medaljes verower tydens die SA Jeug en Junior Atletiekkampioenskappe wat die naweek op Germiston gehou is.
Dit is die meeste goue medaljes wat nog deur ’n Boland-span tydens dié byeenkoms ingeoes is.
Slegs die twee tuis provinsies, Sentraal- en Noord-Gauteng, kon meer medaljes inpalm.
Die Boland-span wat uit 62 atlete bestaan het, was dan ook algeheel derde uit die 17 provinsies wat medaljes opgeraap het.
Die Boland-atleet wat die beste gevaar het, was Wenda Theron wat drie goue medaljes en ’n silwermedalje gewen het.
Theron het ook die 23 jaar-oue rekord in die 200m vir meisies o.17 wat in 1982 opgestel is, gebreek met ’n skitterende tyd van 24,20s. Die Bolander, Karin le Roux, kon ook die goud om haar nek hang, nadat sy die hamergooi vir meisies o.19 met ’n nuwe Boland-rekordafstand van 45,49m gewen het.
’n Totaal van 23 medaljes is deur die Boland ingepalm.
Die medaljewenners is: (Goud) Karin le Roux (HG m.19 45.49m), Nicola Loots (PS m.17 3,30m), Keenan Watson (VS s.17 7,56m), Dewayne Mouries (2000mH 5:59,80), Wenda Theron (200m m.17 24,20s), Janine Visser (400mH 61,13s), Boland 4x100m (m.17 aflos 48,55s), Boland 4x100m (s.17 aflos 42,76s). (Silwer) Francois Germishuys (PS s.19 4,50m), Marika Walters (100mH m.19 14,95s), Wenda Theron (100mH m.17 14,24s), Garreth Maarman (800m s.19 1:50,03), Boland 1000m (Medley-aflos m.17 2:16,50). (Brons) Mariska Coetzee (5000mS m.17 29:47,20), Elizka v/d Merwe (HG m.19 39,29m), Nicole Nel (SG m.19 43,69m), Louw Smit (110mH s.17 14,17s), Erick Kirsten (GS s.19 15,98m), Lorenzo Blaauw (10000mS s.17 53:27,50), Victor Hogan (DG s.17 47,83m), Henco Nienaber (PS s.17 4,00m), Nikki Horn (100m m.17 12,25s), Boland 4x100m (m.19 aflos 49,56s).
More
News
|