Loopbaanuitstalling in Maart
2006-02-23
DIE jaarlikse loopbaanuitstalling vir Bolandse leerders word op 15 en 16 Maart in die Paarlse Stadsaal gehou.
Dit word gereël deur die Weskus-Wynland Obos in samewerking met Paarl Tafelronde.
Meer as 50 uitstallers sal teenwoordig wees om leerders raad te gee oor beroepe en studierigtings.
Die uitstalling sal op Woensdag 15 Maart van 09:00 tot 17:00 en op Donderdag 16 Maart van 08:15 tot 13:00 oop wees vir die publiek.
Vir navrae, kontak Danie Rabie by 860-1220.
More
News
|