Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


`Idols'-kompetisie by fees

`Idols'-kompetisie by fees
 
2006-02-23


Tydens die ‘Rock met die Wingerdstok’ wat volgende naweek in die Paarl plaasvind, sal daar ook geleentheid gegee word aan plaaslike sangers om hul talent ten toon te stel in ’n ‘Idols’-kompetisie.

Plaaslike skole in Drakenstein gaan voorsien word van inskrywingsvorms vir die kompetisie, maar ander belangstellendes is ook welkom om in te skryf.

Daar is drie kategorieë: laerskool, hoërskool en seniors. Die inskrywingsfooi is R50 per inskrywing.

Weens die beperkte tyd vir die uitdunne sal slegs die eerste 20 inskrywings per kategorie aanvaar word.

Die uitdunne vind Vrydag 3 Maart van 10:00 tot 18:00 plaas.

Deelnemers moet twee liedjies sing en hul eie agtergrondmusiek op CD verskaf.

Die deelnemers wat deurdring tot die volgende rondte sal weer op Saterdag 4 Maart van 12:00 tot 18:00 hul vernuf ten toon stel.

Die drie wenners sal dan ook net voor die hoofkunstenaar die Saterdagaand optree.

Groot kontantpryse is op die spel vir die wenners.

Sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag om 16:00. Inskrywingsvorm en fooie moet by die Paarl Rugbyklbu ingehandig word.

Kaartjies vir die fees is beskikbaar by die rugbyklub, Pêrel Sport (Mall) en Musiklood. Kaartjies is R70 per dag vir al die aktiwiteite (kinders o.18 is R30).
Kaartjies sal ook by die hekke beskikbaar wees.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za