Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diewe vinnig vasgevat

Diewe vinnig vasgevat
 
2006-02-23


BINNE ’n halfuur nadat ’n sekuriteitswag Maandagnag by Wellington met ’n vuurwapen en ’n byl aangeval is, was twee roofverdagtes agter tralies.

Die wag was alleen by ’n supermark in Abduraghmanlaan, Weltevrede, toe drie mans hom om 02:00 vasgedruk het.

Wellington se misdaadvoorkomingseenheid was onmiddellik op die toneel en het twee van die verdagtes vasgetrek.

Hulle is, soos hul medepligtige wat weggekom het, bekend vir geweldsmisdade.

Speurders en lede van die honde-eenheid het later die nag, nadat inligting ontvang is, op ’n opslaanhuis in Cederbergstraat 15 in die Egoli-woonbuurt toegeslaan.

Agter die geslote deur van die hout- en sinkhuis het die polisie afgekom op die derde verdagte, nog drie makkers, ’n swaar reuk van dagga en Tik, en moontlik gesteelde eiendom.

Insp Kernen Philander soek dringend die eienaar van ’n diabetesmetingtoestel (foto) waarop beslag gelê is.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za