Dodelike fiets
2006-02-23
’n BEKENDE boer van Agter-Paarl is Sondagaand tragies dood toe hy met sy vierwiel-aangedrewe motorfiets verongeluk het.
Daniel Smith (46) van die plaas Sandrivier, het na sy beeste gaan kyk, en toe hy teen donker steeds nie teruggekeer het nie, het sy vrou Mariana en seun Lourens (13) na hom gaan soek.
Hulle het op die ongelukstoneel sowat 800 meter van die plaashuis afgekom. Die voertuig het waarskynlik bo-op Daniel beland.
Daniel, ’n oud-Gimmie, word vandag vanuit die NGK Agter-Paarl begrawe om 10:00.
Hy word oorleef deur sy vrou, seun en dogtertjie Hanlie (6).
More
News
|