Dagga in kattebak
2006-02-23
'n ANONIEME oproep aan die polisie het daartoe gelei dat hulle beslag gelê het op meer as twaalf kilogram dagga.
Die Paarl polisie is Saterdag in kennis gestel van ’n voertuig wat op die N1 van Kaapstad in die rigting van die Paarl onderweg was.
’n Patrollie is na die N1 gestuur, waar hulle ’n blou Toyota Conquest opgemerk het. Die voertuig is by die Ceciliastraat-afrit voorgekeer en deursoek.
Polisiebeamptes het 12,8 kilogram dagga in die kattebak gevind, waar dit in kartondose versteek is.
Twee vrouens is in hegtenis geneem en het in die Paarlse landdroshof verskyn.
Nog inligting is die naweek ontvang in verband met versteekte dwelms.
Die inligting het die polisie gelei na ’n groep haweloses in Ambagsvalleistraat. Sowat 140 stoppe dagga is tussen die rommel gevind.
Niemand is tot dusver in verband met die dagga in hegtenis geneem nie.
* The police have had success with drug arrests.
More
News
|