Beplanning se dienslewering swak
2006-02-23
MUNISIPALITEITE is landwyd in die spervuur oor swak dienslewering. Een afdeling wat skuldig is by die Paarl Munisipaliteit, is die Ontwikkeling, Beplanning en Bou-afdeling wat deel is daarvan.
Ongeveer 22 maande gelede is ’n groot houthuis met toiletgeriewe deur bure teenaan ons grens opgerig in die woonbuurt agter die Paarlse stadsaal.
Die hoofbou-inspekteur het ons meegedeel dat dit onwettig en sonder toestemming gedoen is en dat die saak onmiddellik aandag sou geniet.Na vele oproepe, besoeke en beloftes is die saak nog steeds onopgelos.
Wat sal gebeur as almal met voltydse huishulp begin houthuise op hul erwe opslaan?
AR
Die munisipale woordvoerder reageer as volg: Die Raad se prokureurs is tans besig met regsaksie teen die betrokke oortreder.
More
News
|