Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe lank wag 'n mens vir 'n antwoord?

Hoe lank wag 'n mens vir 'n antwoord?
 
2006-02-23


HOE lank moet ’n mens wag vir ’n antwoord van die Munisipaliteit?

In Junie 2004 het ek ’n brief geskryf om te vra vir ’n verhewe voetoorgang of stopstrate in Bo- Langstraat, Paarl.

Ons het werklik ’n ernstige probleem met motoriste en motorfietsryers wat in die straat jaag.

Inwoners van Groenvlei het reeds heelwat telefonies gekla by die Munisipaliteit in die verlede, maar hier is geen wetstoepassing snags nie.

In Oktober 2004 is ek ingelig dat daar nie in daardie begroting geld beskikbaar is vir my versoek nie.

In Maart 2005, heeltemal betyds vir die begroting, het ek weer ’n versoek ingedien, dié keer by die burgemeester.

Amper ’n jaar later, op 1 Februarie vanjaar, is ek in kennis gestel dat die Munisipaliteit voor 1 Julie ’n mini-sirkel gaan bou op die hoek van Bo-Langstraat en Hillsidestraat.

Die verkeersafdeling sal ook glo gevra word om van tyd tot tyd die nodige wetstoepassing te doen.

Of dit die oplossing is, sal ons maar moet sien. Die feit bly egter staan, as ons Munisipaliteit tussen vier en elf maande vat om ’n eenvoudige brief te antwoord, is ons in die moeilikheid.

J Lock



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za