Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontwikkeling van gesogte buurt skop af

Ontwikkeling van gesogte buurt skop af
 
2006-02-23


ONTWIKKELING van ‘n nuwe huisprojek het vandeesweek op Wellington afgeskop toe daar begin is met die aanbring van siviele dienste by Bainsvallei.

Die nuwe behuisingsontwikkeling van 66 eietitel huise is in Kerkstraat op die dorpsgrens en is een van die voorlopers van nuwe ontwikkelings op Wellington, waar ‘n lewendige groei in eiendomme ondervind word.

Die rustige, landelike ontwikkeling bied ‘n hoë gehalte leefstyl.

Die argiteksontwerpte huise is binne ‘n sekuriteitsontwikkeling en aandag is gegee aan buite-leefruimtes ten opsigte van Wellington se klimaat en uitsig.

Die uitleg van die twee- en drieslaapkamerhuise op enkel- en dubbelvlakke bied veral die geleentheid vir toesluit-en-ry vir persone wat wil afskaal met betrekking tot instandhouding van huis en tuin.

Die argitekte het voorts baie aandag aan die afwisseling en kombinasie van huise gegee sodat die ontwikkeling in geheel ‘n baie aantreklike en stylvolle straattoneel vorm.

Die huise met ‘n Kaap-Wynlandse styl word gebou met teëldakke en gepleisterde mure, en ‘n hoë gehalte binne-afwerking is ‘n prioriteit.
Vloerafwerking in die leefvertrekke is van handgemaakte teëls en die slaapkamers het volvloermatte. Die kombuise is standaard met granietblaaie, stoof, oond en uitsuigwaaiers.

Voorsiening word gemaak vir ondervloerse verhitting, kaggels en lugreëling as ekstra opsies.

Die leefstylwoonbuurt bied agt huistipes wat wissel van tweeslaapkamereenhede van 112m² vir R860 000, tot drieslaapkamereenhede van 237m² vir R1 760 000.

Enkele geleenthede om ‘n erf-en-plan te koop, is beskikbaar vanaf R450 000.

Daar is reeds meer as 70% van die eerste fase verkoop, en die eerste huise behoort teen November vanjaar voltooi te wees.

Francois Viviers en Medewerkers tesame met Smuts en De Kock Argitekte is die ontwikkelaars en Power Construction die siviele kontrakteur. Die bemarkingskoördineerders is Durare Property Investments.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za