Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eiendom steeds goeie belegging

Eiendom steeds goeie belegging
 
2006-02-23


IS dit nou die regte tyd vir beleggers om hul residensiële eiendomme te verkoop en na die aandelebeurs terug te keer?

Volgens Bill Rawson, Voorsitter van Rawson Properties, word dit duidelik wanneer daar na die beleggers se portefeuljes gekyk word, dat dié wat hul eiendomme ten volle afbetaal het en drie of vier jaar terug gekoop het, nou ‘n jaarlikse opbrengs van 15%-16% uitkry.

“Dit is baie bevredigende syfers - dié wat nog aan lenings afbetaal verdien hul geld op die bankonkostes en vaar daarom ook beter as wat hulle sou teen die gemiddelde prys van aandele op die aandelemark waarvoor hulle ten volle moet betaal.”

Die neiging om te glo dat die goeie tye tot ‘n einde gaan kom en dat daar definitief slegte tye sal volg, sê Rawson, is die eienskap van ‘n onvolwasse belegger.

Ervare beleggers weet dat die ekonomie in siklusse werk en dat afwaartse periodes noodsaaklik is om hoë pryse en inflasie teen te werk.

“Hierdie beginsels word demonstreer in ‘n onlangse uitgawe van die Engineering News wat aandui dat oor die laaste 30 jaar in die Suid-Afrikaanse ekonomie, elke afplatting deur ‘n oplewing gevolg word.

Die oplewing is gewoonlik groter as die afplatting en duur langer.

“Dit sal natuurlik anders wees in ‘n land wat ernstige polieke probleme ervaar soos diktatorskap, ‘n staatsgreep of soortgelyke terugslae beleef. In Suid-Afrika is dit egter nie die geval nie en dit lyk of die huidige oplewing nog vir twee of drie jaar kan duur - met voordelige resultate vir alle eiendomseienaars.”



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za