Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ses nuwes by Nederburg

Ses nuwes by Nederburg
 
2006-02-23


ALLE oë sal op 7 en 8 April op die ses nuwe deelnemers gerig wees wat met hul agt wyne hul debuutverskyning op die 32ste Nederburg Veiling in Paarl maak.

“Daar is altyd groot afwagting om te sien hoe hul wyne sal presteer omdat die Nederburg Wynveiling ‘n gulde geleentheid vir die bekendstelling van eerste oesjaar en oorspronklike versnitwyne bied,” sê die veilingbestuurder, Christine Joubert.

Vanjaar se nuwe deelnemers is almal boetiekwynmakerye wat wissel in grootte van 10 tot 146 hektaar, en met produksietonnemate
tussen 60 en 1 110 ton.

Hulle is Avondale, Diemersfontein Wine, Graceland Vineyards, Kaapzicht Landgoed, Morgenster Landgoed en Uva Mira Vineyards.

Hulle bied sewe rooiwyne aan – twee Pinotage, een Cabernet Sauvignon, een Shiraz en drie Kaapse versnitwyne – asook ‘n Chardonnay met vyfsterpotensiaal, afkomstig van ‘n streek wat tradisioneel rooiwyne oplewer.

Die twee bekroonde Pinotage wyne kom van Diemersfontein en van die meester-wynmaker Danie Steytler van Kaapzicht.

Diemersfontein het ’n groot indruk gelaat met sy heel eerste 2001 Pinotage wat ook op vanjaar se veiling deel uitmaak van die Pinotage Vereniging se inskrywing - die ABSA Top Tien kampioene van 2001.

Die Diemersfontein 2003 oesjaar het onlangs die SA Rooiwyn Trofee by die 2005 International Wine Challenge in Londen verower.

Die Kaapzicht Steytler Pinotage 2001, wat ook ’n trofee-wenner by die Internasionale Wyn en Spiritualieë Kompetisie was, het in Platter se 2004 wyngids ‘n vyf stergradering verdien.

Dit het ook ’n silwer medalje by die 2004 London International Wine Challenge en by die Veritas Toekennings in 2003 en 2004 gekry.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za