Franschhoek Rugbyklub hou eerste sewestoernooi
2006-02-23
DIE Franschhoek Rugbyklub het Vrydag sy eerste suksesvolle interne sewestoernooi aangebied.
Die klub se spelers is verdeel in agt groepe van 10 spelers elk wat meegeding het om ’n trofee.
Die wedstryde het goeie hardloop-rugby, rotsvaste verdediging en pragdrieë opgelewer.
Omdat die spelers onwillekeurig verdeel is, was daar spanne wat baie spoed gehad het en ander waar massa en krag die sterkpunte was.
Die Blou-groep het almal verbaas toe hulle met die louere weggestap het, aangesien hulle die meerderheid voorspelers in hul span gehad het.
Goeie verdediging het egter vir die Bloues van gate in hul teenstanders se aanval voorsien en so verseker dat hul kraglopies in drieë omskep is.
Die doel met die toernooi was om spangees op te bou asook voorbereiding vir die Saterdag se taai, vriendskaplike wedstryd teen Bellville-Tech.
More
News
|