Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inbreker met mes getakel

Inbreker met mes getakel
 
2005-04-07


’n TIENERMEISIE het Vrydagoggend ’n aanvaller in haar ouers se plaasopstal net buite Wellington met ’n mes toegetakel.

Volgens ’n polisiewoordvoerder was die meisie (16) alleen by die huis en besig om te bad toe sy glas hoor breek het.

Sy het ’n handdoek om haar geknoop en ’n mes in die kombuis gaan haal voordat sy na die rede vir die geluid gaan soek het.

Sy het op gebreekte glas in die hoofslaapkamer afgekom en opgekyk toe ’n vreemde man in die gang op haar afgestorm kom.

Die meisie het probeer weghardloop, maar toe die man haar inhaal, het sy hom met die mes deur die gesig en oor die arm gesteek.
Die man het omgedraai en deur die gebreekte ruit na veiligheid gespring. Hy is steeds soek.

“Dit is onrusbarend dat die woning met ’n geëlektrifiseerde heining omring is, en die inbreker het steeds kon inkom,” het insp Rhode gesê.

Inligting aan insp Eugene Munni (873-3333).

* A Wellington teenager used a knife to fight off a burglar.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za