Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmies blink uit in Top 20-byeenkoms

Gimmies blink uit in Top 20-byeenkoms
 
2006-02-23


ATLETE van Paarl Gimnasium het heelwat goeie prestasies gelewer tydens die Engen Top 20 Atletiekkampioenskap wat die naweek in Bloemfontein gehou is.

Gim het teen 30 ander skole te staan gekom en spog met tien eerste plekke insluitende twee rekords, vyf tweede plekke en twee derde plekke.

Onder die seuns het Christiaan Norman ’n nuwe rekord in die paalspring vir seuns 15 jaar opgestel met sy sprong van 3,70m, terwyl RJ Kellerman ’n nuwe byeenkomsrekord van 16,49m behaal het in die gewigstoot vir seuns 17 jaar.

Ander eerste plekke is behaal deur Jacques du Plessis (s.15 100mH 13,86s), Ramon Samuels (s.15 vs 6,18m) en Ferney Kitshoff (s.19 sg 64,88m).

Pieter-Steyn de Wet (seuns 15 jaar) het tweede gekom in beide die 1500m (4:30,52) en 800m (2:05,65), terwyl Kitshoff die naaswenner was in die hoogspring met ’n hoogte van 1,87m.

Stephan Schoeman het derde gekom in die seuns 15 gewigstoot met ’n afstand van 15,30m.

Die meisies wat met eerste plekke gespog het, was Ilze Jones (m.15 vs 5,02m), Elmien Nel (m.17 ds 10,38m), Stephanie Mostert (m.19 ds 10,87m) en Talita Lombard (m.19 ps 3,10m en hs 1,55m).

Tweede plekke is behaal deur Lizahn Bredenhan (m.15 400m 61,18s) en Elmi Smit (m.19 vs 4,97m) terwyl Marezé Stofberg derde was in die 100mH vir meisie 17 jaar in ’n tyd van 15,32s.

Gim se seunspan het vierde geëindig na Grey, Louis Botha en Paul Roos, met ’n gemiddeld van 875 punte per prestasie.

Die meisiespan was vyfde met ’n gemiddelde van 735 punte.

As gemengde skool eindig Gim vierde (uit 18 skole) ná Volkskool, Sentraal en Goudveld met ’n gemiddelde punt van 882.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za