Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples laat Maties se broeke bewe

Peoples laat Maties se broeke bewe
 
2006-02-23


SELFS ’n tweede agtereenvolgende vyf-paaltjie boulsessie deur Omar Henry kon nie Saterdag Maties van ’n sege teen Young Peoples voorsien nie.

Inteendeel, dit was die vernietigende boulwerk van Henley Julies (4/35 in 14bb) wat die Maties op Daljosafat vroeg-vroeg gekelder het.

Julies, wat onlangs sy terugkeer tot die span maak ná hy 'n tyd lank vir die tweede span gespeel het, het grotendeels daartoe bygedra dat die studente op 9/4 met hul rug teen die muur was, nadat die tuisspan 184 op die bord gesit het.

Die besoekers het hierna maar geklou aan hul paaltjies en die 60 beurte deurgestaan met die telling op 113/7.

Henry (32 4x3) en Gavin van Rooy (30nun 4x3) was die Maties se voorste kolwers, terwyl Edwin Jacobs (60nun 4x3) en Quinton Kannemeyer (26 4x3) vir Peoples met die kolf losgetrek het.

Peoples verdien 12 punte vir moeite, met Maties wat drie punte bykry.
Peoples II kon op Coetzenburg ook nie die uitklophou plant teen Maties nie.

Die besoekers struikel op 90/7, maar vegtersbeurte deur Audin Carolissen (77nun 4x11), James de Wet (26 4x2) en Werner Cupido (31nun 4x6) help Peoples na ’n skaflike 236/9 na 60 beurte.

Peoples boul goed en op 146/6 lyk die Paarliete verseker van ’n sege. Drie verbroude vangkanse kos die besoekers egter duur en Maties moker die wenlopies in die 49ste beurt.

Ainsley Anderson (2/31 in 6bb) en Jonathan Jacobs (4/36 in 13bb) het moedig met die bal probeer.

Die derde span het Saterdag sy derde agtereenvolgende nederlaag gely en met 40 lopies teen Spes Bona verloor.

Jermaine Williams (71 4x8 en 2/63 in 10bb), Jethro de Jager (38 4x4) en Garryne Fortuin (29 4x1, 6x1) het goed gespeel.

Peoples I en II speel Saterdag tuis teen Hermanus, terwyl Peoples III weg speel teen Paarl-Oos in ’n mini-derbykragmeting.

’n Vernietigende boulvertoning deur Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag die kolwers van Stellenbosch en Distrikte vinnig-vinnig op hul knieë gedwing.

Stellenbosch en Distrikte wen die loot en besluit om eerste te kolf.
Die tuisspan sukkel egter om lopies te kry en word in die 44ste beurt vir 98 uitgehaal.

Slegs Brendon Layman (37 4x4) kon iets met die kolf vermag.

Die Paarl-Oos boulers wat die skade aangerig het, is Craig Abrahams (1/13 in 6bb), Jackie Daniels (3/31 in 15bb, 3 leeg), Elroy Abrahams (3/28 in 15bb, 2 leeg), Justin Watts (1 paaltjie in twee balle).

Dennis November het nie enige paaltjies laat kantel nie, maar sy ekonomiese boulontleding van 23 lopies in sewe boulbeurte het ook die kolftempo help strem.

Paarl-Oos behaal 99/4 met Garth Lewis (22 4x4) Shaun Cuttings (23 4x3), Roswin Jephtha (17nun 4x2) en Daniels (11nun 6x1) wat die lopies slaan. Op die Parys-veld het ’n spannende tweestryd tussen die tweede spanne van Paarl-Oos en Paarl hom afgespeel.

Die tuisspan moker ’n goeie 262/10, met Lindsay van der Bergh (50 4x6), Carlo Crotz (29 4x3), W Pietersen (49 4x4, 6x1), Hilton Solomons (50 4x4, 6x3) en G Adams (23 4x2) wat onder die boulwerk inklim.

Paarl-Oos se boulaanval is deur Zynodien Fredericks (3/42 in 9bb), Ashley Pedro (2/44 in 15bb) en Koos Liebenberg (4/75 in 13bb) gelei.

Die besoekers jaag die telling met mening en die spanning bou behoorlik. Op een stadium moes Paarl-Oos 36 lopies van 30 balle kry.

Hulle wen die taai stryd met 265/5 in die laaste beurt, danksy groot beurte deur Pedro (91 4x11, 6x2), Jenovan Adams (47 4x6), Jermaine Didloff (38nun 4x2, 6x1) en Jared Cupido (38nun 4x5).

Saterdag speel Paarl-Oos I en II tuis teen onderskeidelik Brackenfell en Pniel Coronation.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za