Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Violets val vas

Paarl Violets val vas
 
2005-04-07


DIE eerste span van Paarl Violets Rugbyklub het Saterdag in sy eerste Groep Vyf wedstryd van die seisoen 29-11 teen Rocklands in Mitchell's Plein vasgeval.

Hoewel die Paarliete se agttal goed gespeel het, het ’n gebrek aan afronding en baie sterk wind sake vir Violets bemoeilik.

T Nolan het vir Violets gedruk en M Pietersen het met twee strafskoppe geslaag.

Young Stars laat Villagers les opsê

Newtons Villagers was Saterdag aan die ontvangkant van ’n begeesterde Young Stars pak slae.

In ’n klipharde wedstryd het Stars vir Villagers 28-23 geklop.
Spelers wat ’n groot aandeel gehad het in Stars se sukses was Jeandré Kleynhans (heelagter), André Jones, Rodney Daniels en Riaan Neels.

Villagers se uitblinkers was Jacobus Adams, Etienne Windvogel en Jacobus Heyns.

Die B-spanne het 18-18 gelykop gespeel.

Newtons eindig gelykop

In hul eerste ligawedstryd van die seisoen het Newtons United op hul tuisveld 8-8 (3-3) gelykop gespeel teen Grabouw.

Die tuisspan kon nie sy kanse benut nie. Die voorspelers het in die vaste fasette die besoekers laat harde bene kou. Die agterlyn kon egter nie op die besit kapitaliseer nie.

Grabouw het vir ’n kort ruk in die tweede helfte voorgeloop, totdat Newtons se speler van die wedstryd Reggie Manuel (losskakel) die gelykmakende drie gaan druk het.

Die tuisspan het hierna telkens op Grabouw se doellyn geboer, maar ’n gebrek aan afronding het gekeer dat hulle nog punte aanteken.

Newtons se skopper, Roderick Claassen (skrumskakel) het daarby ook gesukkel om sy skopvoet ingestel te kry.

Newtons speel Saterdag weg teen Abbotsdale. Die bus vertrek om 11:30 vanaf One Up Super-mark en is R20.

Laer Paarl slaan Polisie hok

DIE rugbyspan van Laer Paarl het Saterdag ’n sterk span van Polisie 10-5 geklop.

Abe Hendricks wat twee drieë gedruk het, het vir die Paarliete
uitgeblink.

Laer Paarl speel Saterdag tuis teen Perseverance.

Die klub benodig noodhulppersoneel. Belang-stellendes kan Ampie Petersen of Thomas du Plessis (862-4015) skakel.

Gardens blom vroeg

DIE rugbyklub van Young Gardens pronk vandeesweek behoorlik nadat aldrie sy spanne Saterdag sukses behaal het.

Gardens A het 24-5 koning gekraai oor Riverstones en voor ’n volgepakte Gardens Park gewys dat hulle van plan is om vanjaar ’n krag in die Groep 3 te wees.

Die tempo waarteen Gardens gespeel het, het die Riverstones-manne onkant betrap.

Jeremy Koukom (2), Ashley Jacobs en Charl Hendricks het Gardens se drieë gedruk. Tino Prins het met twee doelskoppe geslaag.
Riverstones se drie is deur Divan Solomons gedruk.

Saterdag speel Gardens weg teen Temperance. Die bus vertrek om 12:15 vanaf Food O’Rama en kos R15 per persoon.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za