Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doodsteek vir motordiewe

Doodsteek vir motordiewe
 
2005-04-07


OPLETTENDHEID was Donderdag die doodsteek vir motordiewe wat gedink het hulle kom met ’n bakkie weg uit die Paarl.

Insp Roger de Vries en konst Oscar Goedeman was op patrollie toe hulle die verdagte wit Toyota Corolla met Gauteng registrasienommer in Meulstraat opgemerk het.

Die motor met vyf insittendes het in Bo-Lady Greystraat ingedraai. Kort nadat hulle in die Hoofstraat na Suider-Paarl gedraai het, het die polisie die bestuurder van die pad getrek.

’n Wit CJ Hi-Lux bakkie wat saam met die motor gery het, het skielik vetgegee en insp De Vries het kollegas Jaco Stadler en Irwin Fortuin se hulp ingeroep.

Hulle het die bakkie by Haarlemstraat ingejaag en die bestuurder aangekeer.

Intussen is die vyf verdagte motordiewe in die motor in hegtenis geneem.

Toe die regmatige eienaar in Meulstraat opgeklop is, het die man nie eens geweet sy bakkie was gesteel en op pad Kaap toe nie.

Al die verdagtes is tussen 19 en 28 jaar oud en inwoners van Khayelitsha. Hulle bly in aanhouding. Konst Conway Benjamin is die ondersoekbeampte.

Twee ander motordiewe uit Khayelitsha, Tendile Mnyaka en Peter Tayteka, wat vroeër vanjaar onderskeidelik in Stellenbosch en in die Skiereiland aangekeer is met voertuie wat in die Paarl gesteel is, verskyn tans in die Paarl streekhof.

Hulle is intussen deur vingerafdrukke verbind met nog motordiefstalsake in die Paarl.

* Alleged car thieves have been arrested in Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za