Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste toneelstuk in Taalmonument

Eerste toneelstuk in Taalmonument
 
2006-03-02


DIE aktrise en TV-persoonlikheid Lizz Meiring is op Vrydag 10 Maart om 20:00 in die Paarl met `Elke ander duim 'n dame'.

Die stuk word in die Taalmonument opgevoer, ’n eerste vir die monument.

Dit is ’n visuele en verbale fees, waarin Meiring die eksentrisiteite van die moderne Suid-Afrikaanse vroue en mans vertel, vier en satiriseer.

Die produksie is nommerpas vermaak vir diegene wat slim woordspelings, donker satire en gesofistikeerde humor geniet.

Met ’n aantal sketse speel Meiring ’n versameling aweregse, buitengewone en tog totaal identifiseerbare karakters.

Hulle is komies en interessant op ’n eerste vlak, donker en satiries op ’n tweede vlak.

Daar is die vroueklub Jon Dames Sianied, wat hul wilde innerlike self ontdek, ’n dronk en mismoedige Cupido, ’n neo-politiese
kinderstorie, die charismatiese koper, ’n oënskynlik normale huisvrou met ’n tango fetish en ’n kunstenaar met ’n passie vir ongewone kunsmateriale.

Reuse, eksentrieke skoene en ‘pop’art kostuums word deel van die storielyn, en verskillende teaterstyle maak hiervan ’n verrassende, tweetalige teaterervaring.

Kaartjies vir die Paarl opvoering is R100 en R130 (voor) by Niro, Hoofstr 183 (tel 872-4323). Stoele word verskaf.

Die hekke open om 18:30 vir die piekniek. Bespreek by die restaurant (863-2800) of bring u eie piekniek. Wyn is per glas te koop.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za