Hillcrest maak toernooi sy eie
2005-04-07
SY voorseisoense voorbereiding het vir Hillcrest United Rugbyklub op ’n hoogtepunt geeindig toe sy eerste span ’n toernooi gewen het.
Hillcrest het die toernooi, wat deur die United Rugbyklub van Buffalo Park gereël is om so hul nuwe veldligte en klubhuis in te wy, gewen.
Die Wellingtonners het hul twee uitklopwedstryde gewen wat ’n 24-3 sege oor die gasheerklub ingesluit het.
In die eindstryd het Hillcrest vir King Brumbies van King William’s Town geklop. Die Boland-span het dié span, wat in die Grens se Premier A-liga speel, 33-7 geklop.
Hillcrest se groot uitblinker vir die toernooi was Damon Jagman (vleuel) wat vier drieë in die toernooi gedruk het, drie van hulle in die eindstryd.
Jagman het ook uitgeblink op die verdediging en in sy algemene spel. Hillcrest se aanslag op die Boland Superliga B-titel het egter Saterdag op ’n vals noot begin toe hulle 28-23 teen Touw Park van Touwsrivier vasgeval het.
More
News
|