Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerlikheid geloof

Eerlikheid geloof
 
2006-03-02


“BAIE ander jong seuns sou die selfoon gehou het of dit gaan verkwansel het vir ’n paar rand. Ek is trots op Ruwayne.”

Insp John Barties van Paarl-Oos polisie kan nie uitgepraat raak nie oor die eerlikheid van die 13-jarige Ruwayne Fortuin wat ’n duur selfoon by die polisiestasie ingegee het.

Ruwayne sê hy was Saterdag oppad na ’n vriend in Klein Drakensteinweg toe sy eie selfoon lui.

Met die uithaal daarvan, het dit per ongeluk uit sy broeksak geval. Dit was toe hy buk om dit op te tel, dat hy die duur selfoon op die grond sien lê het.

Ruwayne en sy pa is na Paarl-Oos polisiestasie om die foon te oorhandig. Die eienaar kan insp Barties kontak by 862- 6156.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za