HJS, NO soek plek in finaal
2006-03-02
DIE o.19A krieketspan van Boishaai het met ’n sege van sewe paaltjies oor Hoërskool Swartland vir hulle ’n plek in die halfeindstryd van die PYZ Uitklopkompetisie bespreek.
Swartland se totaal van 125 lopies vir die verlies van agt paaltjies was nie genoeg om die Paarliete te stuit nie.
HJS se Wian Buys (4/14) het onder die kolwers gemaai.
Boishaai se 126/3 was weer eens te danke aan Buys wat ’n onoorwonne 86 gemoker het.
HJS en New Orleans Sekondêr speel vandag teen mekaar vir 'n plek in die eindstryd.
In die ander halfeindstryd wat Dinsdag gespeel is het die verdedigende kampioen, Paul Roos, vir Hugenote Hoërskool uitgeskakel.
Hugenote (156/8) het vroeër in die kompetisie vir Paarl Gimnasium (122/10) met 34 lopies geklop.
More
News
|