Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Flyers wen veerpyl-titel

Flyers wen veerpyl-titel
 
2006-03-02


DIE span van Independent Flyers het hul goeie spelpeil van 2005 voortgesit toe hulle die naweek as onoorwonne kampioen gekroon is in die Drakenstein Veerpyl Unie se Ope Uitdaagkompetisie.

Die span het van die staanspoor af gewys hulle is oorgehaal om te wen, met veral die jonger spelers, Thurlough Lottering (junior Protea-speler), Terence Hill en Alicia Williams wat hul ouer en meer ervare teenstander opgekeil het.

Die spanne van Allandale, United en Mount View het sterk teenkanting gebied, en met die laaste twee wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.

’n Titaniese stryd het gewoed tussen Hill en Lorenzo Arendse (Kappa). Albei het met ’n voltal (180) begin en mekaar deurgaans goed gejaag. Dit was egter die ervaring van Arendse wat hom die deurslag gegee het vir ’n oorwinning.

In die laaste ronde het Norman Taute (Mount View) goed die kol gevind om vir Wilfred Raats (Protea-speler van United) ore aan te sit, terwyl Lyndon Julius (Kappa) vir groot opwinding gesorg het toe hy vir Lottering geklop het.

Charles Cloete (Allandale) wat die meeste voltalle in die 2005 seisoen gegooi het, was dan ook die eerste speler om vanjaar dié prestasie te behaal.

Cloete spog ook met die hoogste toemaaksyfer van 152 onder die mans, terwyl Christal Herklaas met ’n totaal van 113 eerste onder die vroue geëindig het.

Die beste prestasies in die kompetisie is deur Cloete (63), Lottering (61,80) en Danny Daniels (61,10) gelewer.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za