Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuite van klip help stappers na bronsmedalje

Kuite van klip help stappers na bronsmedalje
 
2006-03-02


SES lede van die Drakenstein Gevangenis se atletiekklub het onlangs aan die jaarlikse Dias Vasbyt-staptog by Mosselbaai deelgeneem.

Dit was die groep se eerste volle vasbyt van 75km.

Die ses was die elfde groep wat die wenstreep oorgesteek het, maar het ’n bronsmedalje verower aangesien hulle die derde groep was wat voltallig die roete voltooi het.

’n Totaal van 41 groepe het die staptog aangepak.

Die bewaarders het die tweedag-staptog in tien uur en 39 sekondes voltooi.

Nog ’n bewaarder, Andée Filanie, het die vasbyt op eie houtjie aangepak. Sy tyd van 10:37:42 was goed genoeg vir ’n algehele 19de plek.

Die volgende vasbyt word in April in die Maluti-berge by Ladybrand gehou. Persone wat by die sport betrokke wil raak, kan Filanie skakel by 864-8128.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za