Bergrivier byt vas vir sege
2006-03-02
ONDANKS die inmekaarsak van sy top kolforde, kon Bergrivier Krieketklub Saterdag ’n sege van drie paaltjies oor Vredenburg/Saldanha behaal.
Op Weltevrede was dit die besoekers wat eerste kans gegun is om te kolf.
Hulle steier op 124/6, maar hardnekkige kolfwerk deur Mario Prins (65 4x8, 6x2), Sakkie Faure (51 4x10) en André Huisamen (42 4x5) het die besoekers op ’n respektabele 224/10 laat eindig.
Ryan Mouton (4/29) en Ashwell de Vries (2/33) het die meeste skade met die bal aangerig.
Bergrivier het verlede naweek teen Victoriane ’n teiken van 263 suksesvol gejaag.
Sake het egter dié week nie so glad verloop nie. Bergrivier was vroeg in die knyp toe vyf paaltjies vinnig val.
Redding het egter gekom in die vorm van Jonnewyn Petersen (53nun 4x3), Ryan Mouton (41 4x4, 6x3) en Adiehl Cassiem (30 4x4).
Saterdag speel Bergrivier I (weg) en II (tuis) teen Oostelikes.
More
News
|