Rhadsport, Yorkshire deel plekke
2006-03-02
DIE twee plaaslike fietsryklubs, Rhadsport en Yorkshire, het die titels van die Yorkshire Baanfietsry-liga gedeel.
Plaaslike ryers het vir die afgelope vier weke op die baan om punte meegeding en toeskouers is telkens op aanskoulike fietsry getrakteer.
Die ryers wat Vrydagaand koning gekraai het, is (o.12) Bradwin Daniels (Rhadsport), (o.14) Joswill Davids (Yorkshire), (vroue) Magdalene Nicholson (Yorkshire), (o.16) Clint Hendricks (Rhadsport) en (ope) Verdi Farao (Marcelo).
In die finale puntestand het Rhadsport drie van die vyf afdelings gewen, terwyl Yorkshire in die orige twee die pryse ingepalm het.
In die ope-afdeling was dit die Rhadsport-ryer Ashley Kulsen wat met die louere weggestap het.
Kort op sy hakke was Rčniell Matthysen (Paarl Fietsryklub) en Farao gesamentlik tweede, met Bertram Siebrits (Maties) in die derde plek.
Clint Hendricks en Chad Hendricks (Bellville) het die wennerspodium gedeel in die o.16-afdeling. Grant Stuurman (Rhadsport) was tweede gevolg deur Craig Simons (Bellville).
Joswill Davids het in die o.14-afdeling oorheers, met Emile Jacobs (Academy) tweede.
Die derde plek word gedeel deur Avril Adams (Yorkshire), Mark Bradshaw en Matthew de Freitas (albei van Bellville).
Die o.12-afdeling is deur Bradwin Daniels (Rhadsport) gewen. Sy klubmaat Chesne van Wyk was die naaswenner, met Eon Benjamin (Yorkshire) derde.
Magdalene Nicholson (Yorkshire) was die voorste vroue-jaer, gevolg deur Natasha Marang van Yorkshire.
More
News
|