Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos laat Brakke deur hoepels spring

Paarl-Oos laat Brakke deur hoepels spring
 
2006-03-02


DODELIKE boulwerk deur Paarl-Oos se eerste krieketspan het Saterdag op New Orleans die basis gelê vir die tuisspan se sespaaltjie-sege oor Brackenfell.
Die besoekers is in die tweedelaaste beurt uitgehaal vir 123.
Die telbord kon egter nog meer beroerd gelyk het, was dit nie vir ’n vasbyt-vennootskap tussen Rickie Lessing (34nun 4x1, 6x1) en Gertjie Fourie (24 4x2) nie.
Dié twee het bymekaargekom met die telling op 70/9 en met hul gesamentlike poging van 53 lopies ietwat meer vleis gesit aan Brackenfell se temerige beurt.
Die groot doring in die kolwers se vlees was Waylain September. Dié draaier het met ’n boulontleding van 4/11 gespog.
Hy het 15 boulbeurte afgestuur, met 10 van hulle wat geen lopies opgelewer het nie.
Sy poging is goed ondersteun deur Craig Abrahams (1/28 in 10bb, 2 leeg) en Elroy Abrahams (3/23 in 15bb, 5 leeg).
Die Paarliete behaal die teiken in die 40ste beurt.
Die twee grootste tellings is deur David Stevens (63nun 4x6) en Ashley Pedro (26 4x2) aangeteken.
September het mooi sportmangees geopenbaar toe hy sy paaltjie opgeoffer het tydens ’n uithardloop.
September, op vier, het na die gevaarkant genael en só vir Stevens, wat op 49 gestaan het, in staat gestel om sy vyftigtal te kry.
Lessing (2/18 in 6bb) was Brackenfell se beste bouler.
Saterdag speel Paarl-Oos I (New Orleans) en II (Daljosafat) teen Young Peoples. Die derde span speel weg teen Atlantis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za