Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples sien hul jis teen Hermanus

Peoples sien hul jis teen Hermanus
 
2006-03-02


DIE eerste krieketspan van Young Peoples het Saterdag op Daljosafat onverwags vasgeval in sy Top 8-wedstryd teen Hermanus.
Die besoekers kolf eerste, en behaal 200, danksy hul kaptein, Steven Forde (51 4x5, 6x1).

Die boulers se goeie werk is ietwat ongedaan gemaak deur ’n paar verbroude vangkanse.

Goeie sessies is afgestuur deur Gercian Gabriels (3/51 in 11bb) en Edwin Jacobs (2/32 in 9bb).

Die tuisspan begin goed en was op 119/3 goed opdreef vir ’n oorwinning, danksy Quinton Kannemeyer (58 4x4, 6x1) wat omtrent teen ’n lopie per bal kolf.

Drie uithardlope laat die tuisspan egter steier en Peoples word vir 181 uitgehaal.

Kaptein Rupert Bailey (34 4x4) en Brendon Gabriels (44 4x3, 6x2) het moedig probeer met die kolf.

Peoples II se wedstryd is afgelas nadat Hermanus nie ’n span in die veld kon stoot nie.

Die derde span (226/7) het sy derbywedstryd teen Paarl-Oos III (224) in die heel laaste beurt met twee paaltjies gewen.

Paarl-Oos se beste kolwer was Jarod Cupido (75 4x11, 6x1), met die draaier Jarier Alexander (5/47 in 10bb) wat groot skade aanrig.

Peoples se top kolwers was Lindsay Davy (33 4x6), Selwyn Collins (29 4x3), Riaan Damonse (44nun 4x4, 6x2) en Garynne Fortuin (33nun 4x3).

Saterdag spel Peoples I (weg) en II (tuis) teen Paarl-Oos.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za