Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Heel eerste handfiets-ren in Paarl

Heel eerste handfiets-ren in Paarl
 
2006-03-02


DIE Paarl speel die naweek gasheer vir die Paarl Rock Handfietswedren, die heel eerste handfietswedren in die land.

Die byeenkoms word saam met die SA Padfietsrykampioenskap vir gestremdes aangebied.

Toeskouers kan uitsien na groot internasionale name wat mekaar in beide die pad- en tydtoets-wedrenne die stryd sal aansê.

Die plaaslike atlete wat ook in aksie sal wees, is die Paarliet en Paralimpiese medaljewenner, Ernst van Dyk, Neels Gouws, Gysie van der Vent (albei van Pretoria), Hilary Lewis (Johannesburg) die enigste vroue-atleet, Peter West (Bloemfontein), Sister Maseko (Johannesburg) en ’n span van Helderberg wat bestaan uit Ernest de Govueia, Andries Hogh, Gert van Wyk, Tony Williams, Gary Hille en Max Frei.

Die eerste handfietswedrenne begin Saterdag om 11:00 by Boland Park. Die dag se verrigtinge begin egter reeds om 08:00 en sal tot 13:00 duur.

Die amptelike opening sal om 09:30 wees waartydens ’n minuut van stilte vir die afgestorwe Gerald Lackey gehou sal word.

Sondag begin die tydtoets-wedrenne om 09:00.

Toeskouers kan by die Ligstraal Skool parkeer. Toilette asook stalletjies met verversings sal hier beskikbaar wees.

Vir verdere navrae kan Maranda Fourie 082-515-9860 geskakel word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za