Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konsternasie met spoedbulte

Konsternasie met spoedbulte
 
2005-04-07

Malané Bosman

TWEE nuwe spoedbulte by voetgangeroorgange in die Paarlse Hoofstraat het sedert verlede week groot konsternasie veroorsaak.
Motoriste wat nie die waarskuwingstekens raakgesien het nie, en teen die toegelate 60km/u oor die boggels gery het, het hulle boeglam geskrik soos hul motors gebokspring het.

Voor die Protea Aanbiddingsentrum het ’n motoris so vinnig oor die verhoogde voetgangeroorgang gery dat hy `voor McDonalds' teen die verkeerseiland te lande gekom het.

Almal is egter nie onthuts nie. Die meeste padgebruikers - motoritse én voetgangers - is dit eens dat enige moontlike spoedbrekers in die Hoofstraat aangebring behoort te word.

Daar is verlede jaar begin met die beveiliging van voetgangers by skole en kerke, en nou word op knelpuntareas in die Hoofstraat gekonsentreer.

Volgens Leon Coetzee, waarnemende stadsingenieur, word spoedbulte reeds opgerig oor die hele Drakenstein munisipale gebied, van die Paarl tot in Wellington en Saron.

“Dit is deel van die provinsiale beleid van beskerming in die omgewing van skole.”

Skole wat verlede jaar reeds spoedhobbels gekry het, het self daarvoor betaal. Dit was voordat die aanbeveling deur die Munisipaliteit aanvaar is en verlof toegestaan is dat met die bulte voortgegaan kan word.

“Indien ’n aanvaarbare spoed gehandhaaf sword, sal motors nie beskadig word nie,” het Coetzee gesę.

Tien jaar gelede het ’n amptenare in die ingenieursdepartement, Jimmy Knaggs, reeds ’n spoedkalmeringsplan vir die Hoofstraat opgestel.

Sy voorstel vir verkeerskalmering van ’n verhewe interseksie by Rosestraat en ’n verkeerseiland voor Zeederbergplein, is ook op die lys om vanjaar nog geďmplimenteer te word.

Fondse is ook bewillig vir ’n verandering by die kruising van Bergrivier Boulevard en Hoofstraat in Suider-Paarl, om swaar verkeer af te keer.

* New speed bumps in Main Street have caught Paarl motorists by surprise.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za