Wêreldbiddag
2006-03-02
DIE jaarlikse Wêreldbiddag vir Vroue vind weer môre plaas met die tema ‘Tekens van die Tye’.
Die diens in die Strooidakkerk begin om 13:00. Dit word gelei deur Anriëtte de Ridder, verbonde aan die jeugbediening van NGK Stellenberg.
* ’n Diens vir mans en vroue vind more om 09:45 in die Huis Vergenoegd kapel plaas.
Die spreker is Riette Schoonbee, skriba van die Strooidakkerk. Navrae by die Strooidak kerkkantoor, 872-4396.
* Nog ’n diens word môreaand om 19:15 in die Ebenezer Algemene Kerk in Klein Drakensteinweg gehou. Die prediker is Susan Titus. Navrae by Cathy Patience 862-0620.
* Die bekende ds Johann Symington preek Sondag om 09:30 by die tweede oggenddiens van die Strooidakkerk in die HMS skoolsaal.
More
News
|