Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses klop Delicious in taai stryd

Roses klop Delicious in taai stryd
 
2005-04-07


DIE eerste span van Roses United Rugbyklub het Saterdag die Boland Superliga A1 klubkompetisie op ’n hoë noot afgeskop deur 29-24 met die gedugte span van Delicious af te reken.

Roses se voor- en agterspelers het goed saamgespeel en het gevolglik die span van Ceres harde bene laat kou.

Dit was egter die agterlyn wat weereens in die wedstryd hul klas ten toon gestel het, met senters Earl Manie en Claude Arendse asook Deon Williams (vleuel) en Elrich Muller (heelagter) wat vir die tuisspan uitgeblink het.

Voorlangs het die vastevyf ook goed saamgespeel, met die lostrio van Michael Abrahams, Clement Lewis (kaptein) en Burton Abrahams aan die spits.

Roses se driedrukkers was Williams (2), Manie, Lewis en Michael Abrahams. Randal Baron en Arendse het elkeen met ’n doelskop geslaag.

Roses speel Saterdag op Pelikaanpark teen Ceres. Toegang is R5.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za