Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Herstel tog die Kraal in al sy glorie

Herstel tog die Kraal in al sy glorie
 
2006-03-02


Die Kraal (sportterrein) behoort aan sy mense. Ek onthou nog as kind die paadjie wat ons uitgetrap het elke Dinsdag en Donderdag net om sport te beoefen.

Dit was die gruispad verby Lapperts se huise, tussen die slagpaal af na die Kraal.

Dit bring ’n mens tot die besef dat iets is weg uit ons lewe en dit is die Kraal. Vir my is dit die siel van ons menswees.

Nou verneem ek dat die Raad het reeds begin met die aansoek om hersonering na sakebelange en dat die sperdatum vir besware 23 Januarie was. Baie min mense weet daarvan en ek voel dis my plig om dit bekend te maak.

Ou Kraal is ons erfenis en niemand vat dit weg nie, nie eens vir ’n miljoen rand nie. Geen geld in die wêreld sou die pyn, hartseer, lief en leed kan vergoed nie.

Daar was geen ander plek as die Kraal waar families kan gaan om hulle kultuur en lewenswyses uit te leef nie. Daar het klein kabouters sport gedoen uit liefde en die grondslag gelê vir baie Springbokke.

Die velde was vol as manne soos Pink Julius, Meester Walbrugh, Attie Goetham, Thysie Lewis, Jack Keyser, Wilfred Williams, Randy Marinus, Adam Dombas, en nog baie ander gespeel het.

Standards, Laer Paarl, WP Liga, Vineyards, Young Peoples het duisende mense gelok en dit het bande gesmee wat nie eens Apartheid kon breek nie.

Nou in die nuwe SA word ons geruk deur ’n konsortium wat ’n Mall daar wil oprig. Hoe kan jy vat van mense en dan moet dieselfde benadeeldes maar die Mall ondersteun?

Ek sê: nie oor my dooie liggaam nie! Ou Kraal is ons s’n en daaroor is daar geen argument nie. Kom ons staan saam en sê nee vir ’n Mall en gee ons grond terug aan sy mense, net soos hulle gedoen het met Distrik Ses.

Ek doen ’n beroep op elke persoon in die Vallei, elke sportklub, unie, kerk en vereniging om nou die taak op te neem en te veg vir wat aan ons behoort.

“An injury to one is an injury to all”.

Daar moet onmiddellik beswaar ingedien word by die Raad sodat dit saamgestuur kan word vir die mense wat die besluite moet neem in Kaapstad.

Sportliefhebber



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za