Nuwe erwe in Newton
2006-03-02
‘n AANSOEK om goedkeuring van die verandering van grondgebruik van ‘n perseel in Newton, Wellington, is onlangs deur die Munisipaliteit ontvang.
Die eiendom, van 2,55 hektaar is geleë suid van Newton, tussen Jan van Riebeeckweg en Uitkykstraat, op die hoek van Randstraat.
Dit is die eiendom van Fareda Beleggings.
Daar word beoog om die eiendom te verdeel in 62 woonerwe van sowat 260 vk meter elk, met ‘n gemeenskapsaal/klubhuis vir die buurt.
Die planne is ter insae by die departement beplanning in die Paarlse burgersentrum (807-4834). Besware, indien enige, moet teen 28 Maart ingedien word.
More
News
|