Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub begin sukkel-sukkel

Paarl Rugbyklub begin sukkel-sukkel
 
2005-04-07


DIE nuwe seisoen het maar moeilik begin vir die Paarl Rugbyklub.
Nie een van die Paarl-klub se rugbyspanne kon Saterdag ’n sege teen Valsbaai behaal nie.

Dinge het reeds donker begin lyk toe die derde en tweede spanne onderskeidelik 14-0 en 36-5 vasgeval het.

Swak balhantering en verdediging asook die gebrek van die spanne om as ’n eenheid saam te speel, het die Paarliete se aanslag gekelder.

In die eerstespanwedstryd was dit ’n kwessie van verspeelde kanse vir Paarl wat 14-5 die knie moes buig.

Ondanks die feit dat die Paarliete in die eerste helfte teen ’n sterk wind gespeel het, was hulle rustyd slegs 9-0 agter.

’n Onverdoelde drie in die eerste minuut van die tweede helfte deur die skrumskakel, Pankie Jacobs, was Paarl se enigste punte van die wedstryd.

’n Onvermoë om die wind tot voordeel te benut en in Valsbaai se gebied te kom, asook sporadiese aanvalle en ’n gebrek aan afronding, het teen Paarl getel.

’n Positiewe punt is egter die Paarliete se goeie skrumwerk.
Individuele uitblinkers was Hannes Douglas, Zak Jackson, Rudi Muller en Llewellyn Davids.

Paarl speel Saterdag op Faurestraat Stadion teen Albions.

Enige belangstellende spelers kan Dinsdae en Donderdae die oefeninge om 18:30 by die Boy Louw-velde bywoon. Vir meer inligting oor die klub besoek www.paarlrugby.co.za.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za