Diabete ondersteun
2006-03-09
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep vergader weer Woensdag om 19:00 by Paarl Medi-Clinic in die raadsaal.
Dit is ’n “Verteenwoordigeraand”, waar verteenwoordigers sal praat oor geskikte produkte vir die diabeet.
Bywoning van vergaderings is gratis.
Enige diabeet en metgesel, belangstellendes, asook diabete van buurdorpe soos Franschhoek, Wellington, Klapmuts, Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel is welkom.
Vergaderings is elke derde Woensdag van die maand om 19:00.
Op 19 April praat dr Wim de Klerk oor voetsorg; 17 Mei praat Eli Lilly oor tande en vel; 19 Julie is Riëtte Roux daar met refleksiologie, 16 Augustus is dit Louise Goslette oor wondsorg; 20 September is ’n opedag en 18 Oktober gee Elbeth Ackerman dieet-voorligting.
Bywoning van vergaderings is gratis. Onthou die jaarprogram is onderhewig aan veranderings. Navrae by Kamaretha Beckert by 871-1808.
* Die ondersteuningsgroep word geborg deur Dis-Chem en Paarl MediClinic.
More
News
|