Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koue knou Wingerdfees

Koue knou Wingerdfees
 
2006-03-09


SOWAT 4000 mense het die afgelope naweek oor twee dae musiek, kos en wynproe geniet by die Paarlse Wingerdfees.

Alhoewel die verwagte getalle feesgangers nie opgedaag het nie, was die uitkoms van die fees bevredigend, sê feesdirekteur Righty Retief.

“Alhoewel die Paarl-publiek die fees swak ondersteun het, is die feeskomitee steeds baie tevrede met die probleemvrye afloop daarvan.”

Die teleurstellendste aspek van die fees was die swak bywoningsyfer Vrydagaand, toe die bekende kunstenaar Dozi opgetree het.

Retief meen dat ’n groot rede hiervoor die publiek se vrees vir kragonderbrekings, asook die skielike koue weer is wat daardie aand beleef is.

“Die terugvoering wat ek vanaf die publiek ontvang het, was egter baie positief, met talle mense wat beïndruk was met die professionele wyse waarop ons die fees gereël het.

“Ons sal beslis voortgaan om ’n jaarlikse Wingerdfees te hou,” het André gesê.

“Daar is wel altyd plek vir verbetering, en die feeskomitee sal na enige foute kyk waarop ons kan verbeter,” het hy bygevoeg.

Righty het gesê dat hulle reeds van die borge genader het oor volgende jaar se fees en kry goeie reaksie.

Gerhard Hibbert, bestuurder van die Gecko Lounge, het ’n tent-restaurant tydens die fees bestuur.

Hy het gesê dat hy uiters tevrede is met die resultate met die besigheid wat hy tydens die fees ervaar het en sal beslis volgende jaar weer daarby betrokke wil wees.

Daar word gehoop dat dié fees volgende jaar dubbeld soveel mense sal lok en een van die grootste feeste van sy soort in die Wes-Kaap sal word.

* Cold weather hit attendance of the Paarl Vine Festival hard on Friday.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za