Gospelmusiek-blyspel by Gim
2006-03-09
KOMPONIS Nic Slabber van Wellington stel vanaand sy nuwe CD tydens ‘n gospelmusiekspel in die Hoërskool Gimnasium bekend.
Die uitvoering met Nic in die hoofrol, is vanaand en môre-aand in die skool se ouditorium.
Gimnasium se gospelorkes, G4J, stree vooraf op.
Op die CD “Reflections”, is ‘n snit met dieselfde naam, gebaseer op 2 Korinthiërs 3:18. Die verhaal handel oor ‘n soekende karakter en die versoekings op sy pad.
Dis ‘n uurprogram met minimale dialoog, sewe liedjies deur Nic geskryf, agt dansers en ses mense in die orkes. Nic speel self kitaar as deel van sy karakter.
Kaartjies is R60 by die deur. Vir inligting of kaartjieverkope, sien www.nicslabber.com.
More
News
|