Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos II mik vir titel

Paarl-Oos II mik vir titel
 
2005-04-07


DIE tweede span van Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag sy kanse om die eendagkompetisie in die Reserwe Premierliga te wen, lewend gehou toe hulle vir Van der Stel met twee paaltjies geklop het.

Op New Orleans was dit Paarl-Oos wat die loot gewen het en Van der Stel ingestuur het om te kolf.

Die besoekers kry 192/10, met I James (50) en M Perold (60) wat goed kolf.

Die tuisspan se beste boulers was Mario de Kock (2/39), Garland Goliath (2/23), en Wayne Minnies (4/19 in 9bb).

Paarl-Oos struikel in die 11de boulbeurt op 4/37.

’n Vasbytbeurt deur Germaine Didloff (83 nun) wat drie sesse en nege grenshoue ingesluit het, het Paarl-Oos gehelp om die teiken te haal.

J Strydom (3/29), H Herm (2/30) en L Walters (2/28) was Van der Stel se beste boulers.

Paarl-Oos II speel Saterdag om 10:00 die eindstryd teen Coronations II.

Paarl-Oos het die loot gewen om op hul tuisveld te speel, maar weens ’n rugbytoernooi is die wedstryd na die Parys-veld verskuif.

Top Agt wenners

Paarl-Oos se eerste krieketspan het die Super Agt-kompetisie van die Premierliga met ’n gemiddelde punt van 12,1 gewen.

Die krieketklubs van Young Peoples (9,8) en Paarl (8,8) het onderskeidelik derde en vierde geëindig.

In die skildkompetisie waarin die onderste agt klubs sake uitspook, het Wellington bo-aan dié punteleer geëindig met ’n gemiddelde van 12,9 punte. Bergrivier was in die tweede plek met ’n puntegemiddelde van 12.

Die algehele wenner van die liga is Paarl Krieketklub met ’n gemiddelde van 12,8 punte.

Paarl-Oos (9,7) en Young Peoples (8,98) is onderskeidelik vierde en vyfde.

Wellington het neënde algeheel geëindig gevolg deur Bergrivier Krieketklub in die 12de plek.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za