Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leer van loopbaankeuses

Leer van loopbaankeuses
 
2006-03-09


DIE keuse van jou beroep is ongetwyfeld een van die belangrikste keuses wat jy in jou lewe maak. ’n Verantwoordbare beroepskeuse behoort op voldoende selfkennis en kennis van die beroepswęreld te berus.

Selfkennis impliseer ’n realistiese begrip van jou vermoë, belangstellings, waardes en persoonlikheid sodat suksesbelewing ’n bereikbare doelwit binne die gekose beroep kan word.

Om leerders blootstelling aan die beroepslewe en verskillende werksgeleenthede te gee, word daar weer ’n loopbaanuitstalling op 15 en 16 Maart in die Paarlse Stadsaal gehou.

Die Paarlse Skoolsielkundiges in samewerking met Paarl Tafelronde 44 reël die uitstalling.

Graad 9-, 11- en 12 leerders sal dit in georganiseerde groepe besoek.

Ander leerders, ouers en die publiek is welkom. Toegang is gratis.

Verteenwoordigers van universiteite, technikons, kolleges, staatsdepartemente en ander instansies sal teenwoordig wees om leerders raad te gee betreffende beroepe en studierigtings.

Die uitstalling sal Woensdag om 08:30 geopen word deur dr Leon de Jager van die OBOS-kantoor Weskus-Wynland.

Die uitstalling is oop vir die publiek van 09:00 tot 13:00 en 14:00 tot 17:00 op Woensdag 15 Maart en Donderdag 16 Maart van 08:15 tot 13:00.

Vir inligting en navrae kan die Weskus-Wynland OBOS by 860-1200 geskakel word.

Die organiseerders bedank alle uitstallers vir hul ondersteuning.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za