DNA wys vinger na pa
2006-03-09
MEER as nege maande nadat die verkragte lyfie van ’n tweejarige dogtertjie uit haar pa se bed gehaal is, word haar pa deur DNA-monsters positief verbind met dié voorval.
Dit is Vrydag in die Paarl landdroshof bevestig deur die staatsaanklaer, Sonombo Pama.
Cameron Chordnum is op 21 Mei verlede jaar dood nadat sy dié nag in haar pa se bed in Impalastraat, Chicago, geslaap het.
Haar pa, Shaun Arendse (21), is by die Paarl hospitaal in hegtenis geneem nadat Cameron dood geser- tifiseer is.
Rozanne en Cameron het by haar ouers in Eersterivier gewoon, en Cameron het dikwels haar pa oor naweke in die Paarl besoek.
Die aand van die voorval het Shaun saam met vriende vir die aand uitgegaan. Cameron het by Shaun se moeder gebly.
Shaun het omstreeks 3:30 by die huis gekom, vir Cameron uit sy ma se bed gehaal en na sy kamer geneem.
Hy het 10:30 die oggend sy ma geroep omdat Cameron leweloos in sy bed gelê het. Die dogtertjie is gedurende die nag verkrag en het vermoedelik gesterf weens veelvuldige beserings.
Aanvanklike DNA toetse is uitgevoer, maar die forensiese uitslag hiervan was onvolledig omdat die haarmonsters wat by Arendse geneem is, glo te kort was.
Die staat het versoek dat Shaun sy kortgeskeerde hare moet laat groei om beter monsters vir forensiese toetsing te kry.
Verlede week was die hof byna leeg, in teenstelling met Shaun se vorige verskynings toe die hof stampvol was van sy vriende en familielede.
Slegs Shaun se ma, Winnie Arendse, en ’n handjievol vriendinne om haar te ondersteun, was teenwoordig by die hof.
Die saak is uitgestel tot 3 April om ’n hooggeregshof-verhoordatum te bepaal.
* The young Paarl East father whose baby died after spending the night in his bed, has been linked to her death by DNA tests.
More
News
|