Kavaliers sukkel teen Cheetahs
2005-04-07
DIE Boland Kavaliers het hul eerste nederlaag van die Vodacombeker-seisoen gely toe hulle Vrydag op ’n sopnat Bloemfontein 20-10 (10-7) teen die Cheetahs vasgeval het.
In dié weersomstandighede was balhantering van kardinale belang en hier het die tuisspan hul ietwat beter van hul taak gekwyt as die Kavaliers.
Agtsteman, Henley du Plessis, het vroeg in die eerste helfte vir die Kavaliers gedruk toe hy deur die Cheetah-verdediging gebars en ná ’n stormlopie van 20m gedruk het. Solly Goosen het met die doelskop en 'n strafskop geslaag.
Die Kavaliers speel môre om 16:00 teen die WP op Wellington.
More
News
|