Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Padboewe in sel

Padboewe in sel
 
2006-03-09


VIER jeugdiges, vermoedelik die bende wat maande al motoriste op die N1 buite die Paarl aanval, is agter tralies.

Die arrestasie Maandag volg op die mesaanval voorverlede Sondagmiddag op ’n gesin wie se motor onklaar geraak het op die N1 by die Sonstraal-brug naby die tolhekke.

Johan du Plessis van Durbanville het skaars die fout onder die enjinkap herstel toe hy buite sy motor vasgegryp is.

Hy moes veg vir sy lewe terwyl twee messtekers na sy hart gekap het.

Johan het met meswonde in die arm ontsnap toe ’n gewapende vragmotorbestuurder hom te hulp gekom het.

Sy vrou het daarna met hom en hul twee seuntjies na die Durbanville Medi-Clinic gehaas.

Dié naweek het inligting van ’n lid van die publiek die ore van polisie-kaptein André Roziers bereik. Daar was vier jeugdiges wat spog oor aanrandings op die N1, ook die laaste messtekery.

Roziers en lede van die Paarl honde-eenheid, inspekteurs Alroy Julies en Uli Lotz, is na ’n opslaanhuis in Chester Williams plakkerskamp in Amstelhof.

Een jeugdige is in hegtenis geneem en beslag is gelê op 36 stoppe dagga.

Kort daarna het die honde-inspekteurs nog twee 16-jariges in die nedersetting in hegtenis geneem en toe ’n 13-jarige makker onder ’n boom by die krieketveld.

Die seuns gaan nie skool nie en het glo in Amstelhof gespog dat hulle werk sou wees om mense aan te rand en te beroof.

Slagoffers van aanvalle op die snelweg en in die omgewing van Amstelhof kan kapt John Adams (807-4000) skakel om klagtes te registreer.

* Four youths who allegedly attacked motorists on the N1 outside Paarl, have been taken into custody.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za