DA groei sterk met kiesersteun
2006-03-09
GRAAG wens ek al die nuutverkose raadslede van die DA geluk met hulle verkiesing. Hulle het nou 65% meer setels as wat hulle voor die verkiesing gehad het.
Moenie julle aan die propaganda steur wat wil voorgee dat ons agteruit gaan nie.
Die meerderheid setels wat in 2000 verower was, is vir die spreekwoordelike bord lensiesop verruil.
In elke raad wat voorheen deur die NNP aan die ANC geskenk is, het die DA meer setels verower as wat hulle voorheen gehad het.
Sterkte voorentoe en wys dat ons vir die behoeftes van AL die inwoners van Drakenstein sal werk om werklik ‘n beter lewe vir ALMAL te verseker.
Dr Norman Kahlberg (DA) Kaapse Wynland Distriksmun
More
News
|