Bewaar die Kraal vir sportliefhebbers van Paarl
2006-03-09
EK stem heelhartig saam met Sportliefhebber se pleidooi vir die bewaring van Die Kraal vir die nageslag. Die Kraal behoort in sy volle glorie herstel te word en tot Nasionale Historiese Gedenkwaardigheid verklaar te word.
My oupa, die legendariese en begaafde Philip Olivier, lid van die “Kleurling Springbokspan” van 1939, het talle toeskouers op Die Kraal vermaak met sy vernuftige senterspel in die 1930’s. Die Kraal het dus sentimentele waarde vir baie Paarliete.
Ons kan nie toelaat dat besigheidsmense en vreemdelinge die trotse geskiedenis en erfgoedere van ons voorgeslag net so vertrap nie. Ons soek nie Die Kraal Mall nie.
Dr Noël Adams
More
News
|